Guestbook Reviews

Testimonials

What our guests say

Hi Marie, Ek is uiteindelik besig om weer my voete te vind en wou regtig nie hierdie terugvoer afjaag nie. Ons het 'n ongelooflike onvergeetlike naweek by Bergsig gehad! Ek was lekker op my senuwees aangesien ek nog nooit daar was nie en skielik vir soveel gesinne gemaklike verblyf moet reel, maar ek kan jou verseker daar was nie 'n enkele teleurstelling nie! Elke liewe laaste ene daar het slegs goeie goed gehad om te se en die hele naweek deur net komplimente gegee (en om soveel mense se thumbs up te kry is basies gewoonlik onrealisties)! Julle hele plaas, verblyf en al die ander fasiliteite was ongelooflik! Alles was super skoon en netjies en gemaklik! Ons het almal so lekker geslaap en was mal oor die verblyf, gemaklike beddens en super sagte beddegoed. Wat die kos betref is ek en seker almal anders nou nog lus daarvoor! Dit het soos my Ma se kos geproe in abundance! Daar was so mooi gedek en presies op ons ooreengekome tyd was alles reg asof 'n engeltjie dit daar geplaas het. Nerens anders sou ons so lekker kon geeet het nie! En dan wat Charlene, Anton en elke liewe laaste werker betref was ek NOG NOOIT op 'n plek waar ons so op ons hande gedra was nie. Hulle was net altyd daar en reg en al het ons veranderinge gemaak was dit dadelik aanvaar met 'n vriendlike gemoed. Die hele beplanning, al die hulp, al die kommunikasie was uitstekend! Ek het nie vir een oomblik gevoel Charlene raak ongeduldig met my of gaan iets vergeet nie. Ek weet nie hoe sy dit doen nie maar sy het alles net die hele tyd onthou en uitgevoer. Ons het regtig nog nooit sulke goeie diens iewers gehad nie of dit nou besigheid of plesier was. Wat my nou nog stom slaan is dat elke liewe mens daar so vriendelik was DIE HELE TYD! Of dit nou iemand is wat ons kamers aan die kant maak en of dit iemand was wat by die hek moes gehelp het, gekook het, eiers gemaak het, you name it almal was so opreg vriendelik en behulpsaam. As iemand iets gevra het was daar iemand wat dadelik gespring en gehelp het. Hulle het 'n ongelooflike gees tussen hulle en kom voor asof almal so committed is om Bergsig se kultuur en se doelwitte te bereik. Ons was regtig verskriklik beindruk! Wel ons was baie spyt ons het nie vir nog 'n paar dae bespreek nie, maar ek kan jou verseker dat julle ons klomp verseker weer sal sien. Daar was ten minste 3 mense wat gese het hulle gaan verseker vir hulle partytjies ook daar bespreek. Baie baie geluk en wel done met 'n puik lodge, puik kos en uitstekende diens! En in besonder vir Charlene, baie baie dankie vir alles! Groete, Sonet Ueckermann.

Good morning Marie, We would really like to thank you from the bottom of our hearts! We had an absolutely wonderful weekend with our extended family at Bergsig! And it is so true what Sam said, that we have never felt so utterly at home at a lodge. The staff was absolutely wonderful and spoilt us rotten. The service and the food was superb. We really had an absolute ball! We will recommend your establishment to any and everyone who will listen. It was the absolute perfect spot for our birthday celebrations. And quite a number of our group said they would like to go back. Thank you again and may God truly bless your beautiful lodge and people and the animals and may you get enough rain! Take care! God bless, Sam & Annet.

Thank you for an awesome weekend at Bersig! I would like to take this time to thank you for the wonderful experience we had at Bergsig this past weekend. Everyone kept asking - "how did you find this place? It's awesome!" The food was more than what we agreed - you went all out! Table decorations - all the ladies were looking forward to seeing what the layout would be for the next meal as Enma and team laid out different settings for almost every meal. The roses were a plus too :) The rooms were awesome and we even had one room with a bath for our pregnant lady who had requested a bath! The staff were friendly and always willing to assist. We went to a 4-star establishment and received 5-star treatment. Please pass our regards and thanks to Enma & ladies, Righard and Hansie & Marcus for the game drive. We thoroughly enjoyed ourselves and look forward to coming back for our next Couples Retreat! Regards, Lindiwe.

To all the staff and organisers of Bergsig Eco Estate, Thank you for a fantastic weekend! Your professionalism, and kindness is something you can be very proud of. Thank you for our teambuilding events on Saturday - the whole experience was wonderful---and challenging. Thank you for a pleasant and an engaging performance on Saturday evening. Oh, and the food - superb. We send our warmest thanks !!! Regards, Elize van Zyl - Human Resource Department, The Belgium Campus.

Dear Lelane and Marie, At the outset I would like to say that all the family members really enjoyed the weekend and the superb accommodation that Bergsig offers. We had 2 families that travelled from Durban and 1 family from Stanger and all expressed their complete satisfaction with the venue and the facilities offered. We will definitely be coming back. My brother-in-law has already booked for Dec 2012. As for my husband he was completely surprised, he enjoyed the stay and was really delighted at our choice of your venue. Good luck and thanks for being such wonderful people. Regards Dr Ranjini Pillay

Ek wil net graag baie dankie se vir die wonderlike ondervinding by Bergsig die naweek. Ons het die troue baie geniet. Julle fasiliteite is fantasties, julle diens uitmuntend, die staff was almal vriendelik en behulpsaam, die kos was uit hierdie wêreld. Julle chalets is pragtig en baie gemaklik en dit was 'n plesier om daar tuis te gaan. Bowenal was dit 'n wonderlike ondervinding, en ons sal julle by almal wat ons teekom aanbeveel, en hopelik self weer in die toekoms by julle kom kuier. Baie dankie Marie dit was 'n onvergeetlike ondervinding. Groete Rehet Blom

Hi Marie, Just wanted to send you a quick mail to say how much we all enjoyed our stay at Bergsig! The chalet was beautiful, we especially love the thatch roof. You have thought of everything and they are very well equipped. The highlight for the boys has to be seeing some giraffes on our arrival and also building a fire and having a bbq each night! We look forward to returning again for another visit! I suspect that Joe will be there again before we are. Cheers, Cathie, Joe, Alexander and Oliver Dall. PS We arrived home to grey skies, pouring rain and it was 10 degrees!

Goeiedag, Ek was deel van die groep van Departement van Arbeid: Vergoedingskommissaris wat ‘n werkswinkel gehad het en van u geriewe gebruik gemaak het. Graag wil ek my dank aan u oordra vir die heerlikste twee dae waar ek en my kollegas so beindruk was met wat ons ervaar het, dat ons nog steeds nie uitgepraat kan raak. Die spesiale bordjie versnaperings met ontvangs het ons stomgeslaan en glo my dit is moeilik om so iets reg te kry met so groot groep diverse persone. Groot was ons verbasing om te vind dat dit slegs die puntjie van die berg was en dat dit van daar af van n’ baie goeie begin sou uitloop op n uitstekende afsluiting. Die kwaliteit voedsel, verskeidenheid drinkgoed en die feit dat daar ‘n oorvloed was- is iets waaraan ons nie gewoond is en voorwaar een van die punte waaroor daar nog lank gepraat sal word. Die wildsrit en die musiek vertoning die aand het ons asems weggeslaan-dit was uiters uniek en die eerste maal dat ons as n groep kollegas die na-uurse aktiwiteite van jonk tot oud,van manlik tot vroulik, van introvert tot ekstrovert, ALMAL dit ewe veel geniet het. Die klein goedjies wat ons meeste opgeval het en wat seker die langste by ons sal bly is die moeite wat gedoen was met die kleiner dingetjies-die vars blomme by die opskep tafels, die potte regte egte blomme wat in kleurvolle papier en lint versier was,die tafels wat gedek was per maaltyd –die verskeidenheid kleure en servette wat daarmee saamgegaan het, die versnaperings wat deurentyd beskikbaar, vars en aantreklik voorgesit is, die skoon badkamers en tot die toiletpapier wat netjies gevou was, en nog vele meer. Die personeel= van die skoonmakers, die drywer wat ons op wildsrit gevat het tot die personeel in die kombuis wat soos bedrywige miere rondgeskarrel het maar elke keer behulpsaam en vriendelik was ongeag die versoek of die taak waarmee hul besig was. Almal was te alle tye vriendelik en het idée geskep dat dit ‘n plesier was om ons te ontvang. Die woord DANKIE is nie voldoende om my waardering te toon vir die uitstekende diens wat ons ontvang het , maar aan al die personeel wat betrokke was wil ek graag my innige dank gee. Dit was voorwaar twee aangename dae en waar moontlik sal ons definitief die woord versprei dat daar n’ plek is soos Bergsig Eco Estate en dat dit moeite werd is om daar te gaan asem skep. Groete, Theresa Nel

Beste Hendrik, Eduka en Bestuur, Waardering vir Onvergeetlike naweek - Dit het ons bykans 'n week gevat om die toepaslike woorde te ontdek om julle almal te bedank vir die onvergeetlike naweek aan ons geskenk. Ons het werklik elke aand van die afgelope week gesê ons kan nie nalaat om julle skriftelik te bedank vir dit wat ons ervaar het nie. Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat ons nie woorde het nie, maar weet verseker dit was 'n ervaring wat ons vir die res van ons lewe sal onthou. Vanuit die staanspoor van ons aankoms by Bergsig is ons deur Louis, Annie, Phillip, Marie, Werner, Simon en Linda op die hande gedra. Hulle almal het ons so tuis laat voel en soveel moeite gedoen, iets wat ons nog nie in ons leeftyd ervaar het nie. Dit mag klink na oordrywing, maar dit is hoe ons dit ervaar het. Ons sal julle almal nooit genoeg kan bedank vir die voorreg om die naweek in so 'n pragtige opset te kon geniet nie. Ons was verstom om te kon sien wat julle alreeds by Bergsig ontwikkel het. Alle besoekers sal met ons moet saamstem dat alles wat daar ontwikkel is, is met deeglike beplanning en passie gedoen. Ons wil vertrou dat elke besoeker wat die voorreg het om Bergsig te besoek die geleentheid sal waardeer. Die span op Bergsig het ons ingetrek asof ons deel is van die familie. Ons wil ons innige waardering uitspreek en julle alle voorspoed toewens met die toekomstige planne wat julle vir Bergsig het. Met liefde en waardering, Alan & Annatjie Mengel - FULL RANGE EMPLOYERS' ORGANISATION (FREO) - Employing peace of mind

We'd love to hear from you